Ek is op soek na 'n geleentheid wat my sal toelaat om kreatief te wees. Ek dig graag, maar ek het ook die vermoë om mense te laat lag met my skryfwerk. Ek glo dat my lewenservaring en die beroep wat ek tans beoefen van my 'n beter skrywer gemaak het. Ek is gebore om te skryf en te skep. Ek is rekenaarvaardig, en ek het Drama as 'n agtste vak in matriek gehad. Ek is goed daarmee om sosiale netwerke en bemarking te bestuur. Ek kan webtuistes skep. Ek verstaan besighede se behoeftes, en ek is bekend met die nuutste kulturele veranderinge.